Die 36-jarige Zamaswazi Zinhle Majozi, wat Sondag in hegtenis geneem is, het vandag in die Germiston-landdroshof verskyn op die aanklag van aanhitsing van openbare geweld.
Majozi het glo openbare geweld op haar sosialemediaplatforms aangehits wat plundery en brande by die Brookside-mall in Pietermaritzburg tog gevolg gehad het.
Majozi is op borgtog van R3 000 vrygelaat en die saak is tot 18 Oktober uitgestel.
Daar is 18 verdagtes in verband met die plundery en brande in hegtenis geneem en van dié verdagtes het reeds in verskeie howe in Gauteng, Vrystaat en KwaZulu-Natal verskyn. Sommige is op borgtog vrygelaat en ander is nog in aanhouding.



