Marlene Schoeman, kookboekskrywer van die Vrystaat, deel met ons haar resep vir die perfekte sjokoladekoek met ganache.
Bestanddele:
750 mℓ (3 k) koekmeel
20 mℓ (4 t) bakpoeier
5 mℓ (1 t) sout
250 g sagte margarien
500 mℓ (2 k) strooisuiker
4 groot eiers
250 mℓ (1 k) melk
75 mℓ (3 e) kakao
125 mℓ (½ k) warm water
10 mℓ (2 t) rumgeursel
Metode:
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
- Room die margarien en strooisuiker in ’n aparte bak en klits die eiers by. Voeg die melk by en meng.
- Roer die droë bestanddele by die melkmengsel. Meng die kakao en warm water en roer dit saam met die geursel by.
- Gooi die beslag in gesmeerde panne en bak 30 tot 40 minute teen 180ﹾ C. Baktyd hang af van pangroottes.
Sjokolade-ganache
Bestanddele:
250 mℓ (1 k) sjokoladestukkies of -splinters (chocolate chips)
125 mℓ (½ k) room
Metode:
- Meet die sjokolade af in ’n maatbeker.
- Verhit die room, maar nie tot kookpunt nie. Verwyder dit van die hitte.
- Giet die warm room oor die sjokolade en roer tot gesmelt.
- Verkoel dit tot die ganache so dik is soos jy dit wil hê.



