Polisie trek vier verdagtes vas oor vervalsde geld

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng het vier verdagtes in hegtenis geneem na hulle in die besit van R2 miljoen se vervalsde geld betrap is.

Die verdagtes, twee vroue van 57 en 58 jaar oud, en twee mans van 36 en 48 jaar oud, sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vervalsde geld.

Die verdagtes is Vrydag in Auckland Park in Johannesburg in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang oor die persone wat in die besit is van vervalsde geld en glo beplan om misdade te pleeg. Hulle het op die inligting reageer en die verdagtes is vasgetrek.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se eerste uitgawe