4-jarige deur pitbulls doodgebyt

Deel hierdie storie / Share this story

Die 4-jarige Banele Shelembe van Elandskop in Pietermaritzburg was saam met drie ouer kinders toe sy Woensdagmiddag deur twee pitbulls in die area aangeval en doodgebyt is.

Haar ma, Jabu Mncibi, vra nou dat die honde uitgesit word om te verhoed dat hulle iemand anders ook aanval.

Die 4-jarige Banele en haar vriende was na die winkel op pad om vir haar ma sout te koop, toe die aanval plaasgevind het. Die drie ouer kinders kon tydens die aanval weghardloop en om hulp gaan soek.

Mncibi het aan The Witness vertel sy het by die huis uitgehardloop toe sy die geskree hoor. Sy kon sien hoe die honde haar dogtertjie wegsleep. Een het haar aan die nek beetgehad terwyl die ander haar aan haar been gesleep het. – News24

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.