Jaco de Kok in hof ná dwelmvonds in boot

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Totaal van ses verdagtes is in hegtenis geneem vir vermeende onwettige betrokkenheid by ‘n dwelmsindikaat.

Jaco de Kok (48) is in die Strand in hegtenis geneem na die polisie op 805 kg kokaïne in ‘n boot op ‘n sleepwa op die N1 afgekom het.

De Kok is in Alsapark by ‘n stoor, wat as stoorfasiliteit deur die sindikaat gebruik is, in hegtenis geneem.

Twee bote met versteekte kompartemente is ook op die perseel gevind .

De Kok het op 16 Augustus in die hof verskyn. Die saak is tot 23 Augustus uitgestel. Hy is saam met Niel Pieter van Zyl (39), Rafiek Baderoen (44), Rashied Baderoen (48), Michael Norman (38) en Tenikaitis Valdas (57) aangekla.