Skole se Oktobervakansie moontlik gekanselleer

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse Onderwysunie het Maandag aangekondig die departement van basiese onderwys het besluit die Oktobervakansie sal moontlik geskuif word om verlore skooldae in te haal.

Die SAOU is egter ongelukkig omdat hy nie in die departement se besluit geken is nie.

“Die departement van basiese onderwys is daaroor gekonfronteer omdat nie een van die onderwysvakbonde hoegenaamd daaroor gekonsulteer is nie,” sê die SAOU.

Die derde en vierde skoolkwartale sal dus nou net deur ‘n langnaweek geskei word. 23 September sal as ‘n skoolvakansiedag verklaar word.

Verder sê die SAOU dat eensydige handelinge soos dié onaanvaarbaar is en dat die onderwysvakbonde dit hoegenaamd nie sal aanvaar nie.

Verder sê die SAOU dat talle skole wel op datum is en dat veral jonger leerlinge ‘n rusperiode nodig het.

Hy sê ook dat ouers al finansiële verpligtinge aangegaan het as dit kom by die Oktobervakansie. “Wie gaan hulle vergoed?”

Die departement van basiese onderwys het nog nie ‘n amptelike aankondiging gemaak nie.”