Bobby van Jaarsveld het “sak en pak” uit sy huis getrek nadat hy siek geword het.
Hy skryf op sy Instagram-blad hy is op dag 8 van kwarantyn nadat hy Covid-19 opgedoen het.
“Ek mis mense, my vrou en my kinders, so nou skryf ek maar songs, kry myself jammer, kyk movies, eet baie, maar proe niks nie en dink oor my lewe.”
Hy sê hy het “elke tipe pil” onder die son en vra ander wat al siek was met die virus, watter boererate vir hulle gewerk het.
“Alles behalwe ‘n setpil,” sluit hy af.
Wat is jou raad aan Bobby?



