Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê hy het ‘n afname in Covid-19-gevalle in skole in die derde kwartaal aangeteken.
In die laaste drie weke is slegs 213 gevalle van die virus in die provinsie aangemeld.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê slegs drie skole moes in dié tydperk sluit en sal weer op 16 Augustus open.
“Ons is tevrede met hoe die skole die Covid-19-maatreëls toepas.”
In totaal is daar 79 laerskole in die Noord-Kaap wat teruggekeer het na hulle normale tye waar leerlinge skool soos normaal bywoon.
“Ons leerlinge het waardevolle leer- en onderrigtyd verloor weens die Covid-19-pandemie en die departement implementeer planne en programme om al ons leerlinge te ondersteun.”



