Konfytblokkies

Deel hierdie storie / Share this story

Bestanddele:

125 g sagte botter
3/4 koppie suiker
2 eiers
3 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
1/3 teelepel sout
2 teelepels vanieljegeursel
1 blik konfyt (aarbei, appelkoos, enige konfyt van jou keuse)

Metode:

Voorverhit jou oond tot 180° C. Meng dan die botter en suiker saam. Voeg volgende die eiers en vanieljegeursel by. Meng die meel, bakpoeier en sout saam in ‘n aparte bak. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed saam. Bêre 1/3 van die deeg in die vrieskas om af te koel. Druk die res van die deeg in ‘n gesmeerde bakplaat vas. Smeer die appelkooskonfyt bo-oor die deeg. Rasper die deeg wat in die vrieskas gebêre was bo-oor die appelkooskonfyt. Bak vir 25-30 minute. Sny in blokkies en laat koel af.