Tiener steek glo kollega op plaas dood

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ’n Tiener (19) is gister in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n mede-plaaswerker (45) op ’n plaas op Hankey doodgesteek het.

LEES OOK: Dawie, Kimberley se slangvanger

Tiener in hegtenis

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Sondagoggend omstreeks 02:00 op ’n klag van moord na die plaas ontbied en het die liggaam van Cornelius Antonie (45), met verskeie steekwonde, by die plaaspersoneelkothuise op Kruisrivier, Hankey, gevind.

“Antonie se kollega is in hegtenis geneem en ’n mes, wat vermoedelik tydens die voorval gebruik is, is ook gekonfiskeer.”

Motief nog nie vasgestel nie

Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie.

Die verdagte sal Dinsdag 10 Augustus 2021 in die Hankey-landdroshof op ‘n aanklag van moord verskyn.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.