Strafbare manslag word ondersoek na bestuurder beheer verloor

Deel hierdie storie / Share this story

ABERDEEN. – Die polisie op Aberdeen ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n 37-jarige bestuurder beheer oor ‘n blou Renault Colegio-motor verloor het en dit op die R 61 omgeslaan het.

Strafbare manslag deur polisie ondersoek

Tokelo Lekheagha (31) is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die vier beseerde passasiers, waaronder die bestuurder van die voertuig, is na die Midlands-hospitaal op Graaff-Reinet, geneem. Hulle ouderdomme wissel tussen 28 en 41 jaar.

Die aard van hul beserings is onbekend. ‘n Saak van strafbare manslag word tans ondersoek.

LEES OOK: Meer bekend na seun (3) by Waterfront-sentrum na sy dood val

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.