Sê koebaai vir All Gold Simba-tjips

Deel hierdie storie / Share this story

Simba het aangekondig die produksie van die All Gold-tamatiesousgegeurde skyfies sal binnekort gestaak word.

Dit volg ná die Choose Me or Lose Me-veldtog wat vroeër vanjaar begin is om verbruikers te laat stem vir die geure wat hulle behoue wil laat bly.

Verbruikers moes kies tussen sout-en-asyn, kaas-en-uie en dan tamatiesous.

Kaas-en-uie het ‘n eerste plek gekry, sout-en-asyn tweede en tamatiesous het die minste aftrek gekry.

Die tamatiesousgegeurde tjips sal nog vir ‘n paar maande op die rakke wees.