Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nuutste syfers op Saterdag 31 Julie

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Saterdagaand die nuutste Covid-19-syfers in SA bekendgemaak. Nog 12 528 pasiënte het in die laaste 24 uur positief getoets vir Covid-19 en nog 334 mense het weens die virus gesterf.

Volgens die Nios staan die land se dodetal tans op 72 013.

Minstens 2 447 454 persone het al positief in Suid-Afrika getoets.

Die aantal aktiewe gevalle in die land is tans meer as 153 000.