KAAPSTAD – Mfuleni-inwoners is stomgeslaan oor die ontdekking van twee liggame in ‘n veld naby hulle informele nedersetting. Die een onthoofde liggaam is dié van ‘n man.
Volgens IOL is die slagoffers Sondag met steekwonde in ‘n oop veld gevind. Die slagoffers kom vermoedelik vanaf ‘n ander gebied, aangesien die plaaslike inwoners hulle nie herken nie.
Andrea Traut, polisiewoordvoerder, sê die liggame van die onbekende slagoffers is om 04:20 in die Old Faure Mfuleni-veld gevind. Die omstandighede oor die dood van die twee persone word nog ondersoek.
Vroulike liggaam saam met die onthoofde liggaam gevind
Gemeenskapsleier Nonzwakazi Mngcitha het die polisie versoek om vinnig agter die kap van die byl te kom.
“Lyke word in ons omgewing gestort deur buitestaanders sodat hulle die beeld van ons plek kan aantas.”
“Dit is nie die eerste keer dat ons dooie lyke hier sien nie, en nie eens ‘n enkele persoon uit ons omgewing kan hierdie lyke identifiseer nie.”
“Dit lyk asof hierdie mense eers beroof is omdat hulle niks by hulle gehad het nie. Die ander persoon wat onthoof is, het nie veel steekwonde gehad nie en dit lyk asof hulle ‘n paartjie was omdat dit ‘n man en ‘n vrou is.”
“Dit wil voorkom asof die vrou eers verkrag is, omdat sy halfnaak was.”
Enigiemand met inligting kan Crime Stop anoniem kontak by 086 0010 111 of SMS Crime Line by 32211
Lees ook: Seuntjie (3) sterf na roetinebesoek aan die tandarts



