Covid-19-entstof ook gesteel

Covid-19-entstof ook gesteel

Covid-19-entstof ook gesteel

Plunderaars wat tans in KwaZulu-Natal en Gauteng gesteelde goedere wegdra, het onder andere dosisse van die Covid-19-entstof by apteke in die twee provinsies gesteel.

Die Suid-Afrikaanse Farmaseutiese Raad het Woensdag in ‘n verklaring gesê hy is teleurgesteld oor die plundery wat by apteke plaasgevind het.

Volgens die raad het plunderaars voorskrifmedisyne ook gesteel.

Dié medikasie kan moontlik skadelik wees vir mense indien dit nie reg gebruik word nie en die raad het lede van die publiek gevra om nié die medisyne te gebruik nie, maar dit eerder na ‘n apteek toe te neem waar dit reg hanteer of weggegooi kan word.

Hy het ook gevra dat persone nie net by enigiemand medisyne koop nie, maar eerder by apteke of gesondheidswinkels.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *