Chapman’s Peak as vyfde mooiste padroete ter wêreld aangewys

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD.- Chapman’s Peak is deur die Pentagon Motorgroep as die vyfde mooiste padroete ter wêreld aangewys. Die lys bestaan uit 20 roetes van regoor die wêreld. Oor die sewe miljoen hutsmerke is op Instagram ontleed om die mooiste roetes van die wêreld, gebaseer op die aantal foto’s per myl, bepaal.

Volgens the The GoodThingsGuy is meeste van die roetes wat gekies is of op ‘n bergpas of langs die see met ‘n pragtige uitsig. Chapman’s Peak het altwee dié aspekte en beklee die vyfde plek op die lys.

“Hierdie roete staan bekend as’ Chappies ‘in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit kronkel tussen Noordhoek en Houtbaai langs die Atlantiese kus reg aan die punt van Suid-Afrika se suidwestelike kus. Die skouspelagtige kuspad het sewe jaar geneem om te voltooi en is in 1922 gebou, maar sedertdien is groot projekte onderneem om die pad vir toeriste te verbeter. ” – Pentagon Motorgroep.

Lees ook: Man sterf minute voor jawoord

Chapman’s Peak toe en nou

Foto: The Inside Guide
Foto deur Hoberman Collection/UIG via Getty Images

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.