Mans en vrouens hou van bene met mooi en groot kuitspiere. Oefeninge vir jou kuite kan so maklik wees soos om jou tande in die oggend en aand te borsel. Jy het nie nodig om vir ure lank op ‘n fiets te sit nie.
Oefen jou kuitspiere terwyl jy dagtake doen
Hier volg ‘n paar wenke oor hoe jy jou kuite sonder enige moeite kan oefen. Hierdie oefeninge sluit almal huistake in wat jy elke dag voltooi.
– Staan op jou tone terwyl jy tande borsel. Jy is veronderstel om vir twee minute lank tande te borsel. Vir die twee minute kan jy op jou tone staan en sodoende jou kuitspiere aktiveer.
– Oefen jou kuite terwyl jy skottelgoed was. Staan op jou tone vir drie tellings en laat sak. Herhaal tot die skottelgoed klaar is.
– Wag vir die ketel om te kook terwyl jy op jou tone staan. Hoeveel keer ‘n dag drink jy koffie? Elke keer as jy die ketel aanskakel, kan jy op jou tone staan. Indien jy rond moet beweeg in hierdie tyd, kan jy op jou tone loop.
WENK:
Onthou om altyd jou maagspiere te aktiveer met enige oefening of beweging wat jy doen.
LEES OOK: Doen hierdie maklike oefening voor jy soggens opstaan
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



