Polisie gryp nie in by Nkandla oor hulle ‘skietery wil vermy’

Deel hierdie storie / Share this story

IRAK. – ‘n Kok van die Midde-Ooste is dood toe hy gedurende voorbereidings vir ‘n troue in ‘n pot sop geval het.

Issa Ismail (25) was een van kokke wat voorbereidings vir ‘n ete by ‘n troue by Hazel Hall, een van die grootste trouvenues in Zakho, gedoen het.

Terwyl die kok besig was om kos te maak, het hy gegly en in ‘n reuse pot hoendersop geval. Dit is algemeen dat reuse potte sop voorberei word vir troues in dié gebied, aangesien 200 tot 600 gaste gewoonlik dié troues bywoon.

Kok dood aan brandwonde

Ismail het derdegraadse brandwonde aan 70% van sy liggaam opgedoen en het vyf dae later in die Dohuk-hospitaal aan sy wonde beswyk.

Familielede van Ismail het regstreeks op Rudaw, ‘n plaaslike televisiekanaaal, oor die voorval gepraat en gesê Ismail was die pa van twee dogters en ‘n seuntjie van ses maande oud.

“Hy het vir agt jaar as ‘n kok gewerk en het kos voorberei vir troues, begrafnisse en vir verskeie geleenthede.”