September 16, 2021

Suid-Afrikaanse seun ontvang Diana-toekenning vir sy liefde vir renosters

Die toekenning word gemaak ter nagedagtenis aan Prinses Diana.

Die seun is die enigste Suid-Afrikaner wat vanjaar die Diana-toekenning ontvang

Die Seun is die enigste Suid-Afrikaner wat vanjaar die Diana-toekenning ontvang (Foto: BBC)

WES-KAAP. – Hunter Mitchell ‘n veertienjarige seun van Somerset-Wes, het die Diana-toekenning ontvang vir sy pogings om renosters in Suid-Afrika te red.

Volgens Young South African het Hunter op die ouderdom van agt geleer oor die kwynende getalle renosters in die land. Hy het begin geld insamel vir ‘n weesrenoster naby sy huis. Vyf jaar later staan Hunter bekend as die klein renoster-fluisteraar, nadat hy honderde ure se vrywiligheidswerk gedoen het. Hunter het ook byna R400 000 ingesamel om renosterstropery te beveg. Hy het ‘n groot verskil gemaak in die redding en rehablitering van renosters.

Hunter het ook die jonger geslag ingelig oor die belangrikheid daarvan om wilde diere te beskerm.

Die seun is die enigste Suid-Afrikaner wat vanjaar die Diana-toekenning ontvang

Die Diana-toekenning bevorder en inspireer positiewe veranderinge in die lewens van jongmense deur middel van drie sleutelprogramme. Hierdie sleutelprogramme sluit in ‘n mentorprogram vir jongmense in gevaar, ‘n veldtog onder leiding van anti-boelie ambassadeurs deur die jeug en ‘n gesogte toekenning wat jongmense in die openbaar erken – die Diana-toekenning.

Beide oorlede Diana, Prinses van Wallis, se twee seuns Prins William, hertog van Cambridge en Prins Harry, hertog van Sussex, ondersteun die Diana-liefdadigheidsorganisasie. Die toekenning word gemaak ter nagedagtenis aan Prinses Diana.

Ek voel baie trots en geëerd om in 2021 die enigste Suid-Afrikaner te wees wat hierdie toekenning ontvang. ”

-Hunter Mitchell

Lees ook: Kabelkarongeluk eis talle lewens

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *