Hoofregter Sisi Khampepe het Dinsdag in die hof se meerderheidsuitspraak gesê die konstitusionele hof het geen ander keuse as om oud-president Jacob Zuma ‘n vonnis van effektiewe tronkstraf op te lê nie.
Zuma is aan minagting van die hof skuldig bevind. Die hof het besluit 15 maande is ‘n gepaste vonnis.
Zuma het nou vyf dae om by die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie aan te meld om sy vonnis te begin uitdien, en indien hy homself nie oorgee nie, sal hy binne drie dae na die verstryking van hierdie tydperk in hegtenis geneem word.
Khampepe het gesê die hof sou naïef wees as hy sou glo dat Zuma sy samewerking sou gee indien hy enigiets anders as tronkstraf opgelê word. Zuma het al vantevore gesê dat hy eerder tronk toe sal gaan as om aan die bevel gehoor te gee.
Kyk die volledige uitspraak hier:



