Gimnasiums, casino’s, flieks van vandag af gesluit

Vele besighede moet van vandag af hulle deure vir ten minste twee weke sluit.

Gimnasiums, casino's, flieks van vandag af gesluit (Foto: Time Magazine)

Gimnasiums, casino's, flieks van vandag af gesluit (Foto: Time Magazine)

Die nuwe regulasies vir vlak 4 van inperking wat president Cyril Ramaphosa Sondagaand aangekondig het, is in die Staatskoerant gepubliseer. Vele besighede moet van vandag af hulle deure vir ten minste twee weke sluit.

Van die besighede wat hulle deure van vandag af moet sluit, sluit in:

  • Gimnasiums en fiksheidsentrums
  • Nagklubs
  • Casino’s
  • Tavernes, restaurante en sjebiens (behalwe vir kosaflewerings en wegneemetes)
  • Vermaaklikheidsentrums
  • Teaters
  • Flieks
  • Museums, biblioteke, galerye
  • Veilings

Vlooimarkte en basaars word ook vir die volgende twee weke verbied.

Hotelle, gastehuise en bed-en-ontbyt-fasiliteite mag slegs teen 50% kapasiteit werk.

Die nuwe regulasies sluit ook in dat skole en universiteite van 30 Junie af gesluit moet wees vir fisiese klasse. Vroeë ontwikkelingsentrums, kleuterskole en nasorgsentrums mag egter oop bly.

Alle byeenkomste behalwe vir begrafnisse, werk en inkopies word verbied.

Die koop en verkoop van alkohol word ook vir 14 dae verbied en die aandklokreël is van 21:00 tot 04:00 ingestel.

Reis na en van Gauteng, behalwe vir werk, aflewerings, begrafnisse en om terug te keer huis toe, word nie toegelaat nie.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.