Meer as 48 000 onnies Woensdag ingeënt

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van onderwys het Woensdag in ‘n verklaring bekendgemaak meer as 48 000 onderwysers en lede van onderwysvakbonde is op die eerste dag van die onderwyssektor se inentingsprogram ingeënt.

Meer as 582 000 onderwysers, amptenare en ander werknemers in onderskeie provinsies sal oor die volgende twee weke ingeënt word.

Is jy ‘n onderwyser en gaan jy jou laat inent?