Te midde van die derde vlaag van Covid-19 in Suid-Afrika is in die afgelope 24 uur nóg 17 493 infeksies aangeteken.
President Cyril Ramaphosa het verlede Dinsdagaand in sy toespraak aangekondig die land is weer in vlak drie van inperking.
Verskeie maatreëls is ingestel om die verspreiding van die virus te probeer bekamp en daar is sprake dat daar eerskomende week oor strenger maatreëls vergader sal word.
Daar was nou reeds ‘n totaal van 1 861 065 gevalle van Covid-19 in SA.
Die departement van gesondheid het ook nog 166 sterftes weens die virus aangekondig. Daar is nou ‘n totaal van 59 258 persone weens die virus oorlede.



