Noord-Kaap hoor dán oor inentings vir onderwysers

Deel hierdie storie / Share this story

Die LUR van die departement van onderwys en die LUR van die departement van gesondheid in die Noord-Kaap vergader vanmiddag om die provinsie se gereedheid vir die inentingsprogram in die onderwyssektor te bespreek.

Dié mediakonferensie volg ná Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se aankondiging Saterdag dat die onderwysers en ondersteuningspersoneel en -beamptes van 23 Junie tot 8 Julie ingeënt sal word.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê die departement het in die afgelope paar weke daarop gefokus om ‘n inentingsprogram vir personeel en onderwysers uit te werk.

Die mediavergadering vind om 12:00 Dinsdagmiddag plaas.