Port Elizabeth nou amptelik Gqeberha

Deel hierdie storie / Share this story

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het Sondag in ‘n verklaring aangekondig hy verwerp alle besware teen die naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha.

Port Elizabeth sal dus nou amptelik Gqeberha word.

Mthethwa het meer as 12 000 fisiese handtekeninge van mense ontvang wat wil beswaar maak teen dié naamverandering en ook ander naamveranderinge in die Nelson Mandelabaai-metro. Hy het ook 700 e-posse ontvang wat besware bevat.

Mthethwa sê hy het die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamraad gevra om namens hom deur die besware te gaan en hom daarvolgens te adviseer.

Na hy advies van die SAGN gekry het, het hy besluit om die besware te verwerp.