ROODEPOORT. – Die departement van onderwys het bevestig Laerskool Buyani se skoolhoof is vanoggend op die skoolgrond doodgeskiet.
Daar word beweer die skoolhoof is sewe keer geskiet. Die voorval het om 07:00 vanoggend gebeur. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense word gevra om die area te vermy.
Die polisie is op die toneel om die voorval te ondersoek.
Hou FiNDiT dop vir meer inligting.



