Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, spreek Saterdag die nasie toe oor die onderwyssektor se reaksie op die derde vlaag van Covid-19-infeksies en die impak wat dit op skole het.
Die departement het in ‘n verklaring bekendgemaak die mediavergadering sal om 14:00 by die GCIS in Hatfield plaasvind.
Hou FiND iT dop om Saterdag na die regstreekse uitsending van die vergadering te kyk.



