Diamant wat Debswana uitgrawe dalk derde grootste ooit

Deel hierdie storie / Share this story

Debswana Diamond Company, ‘n diamantmaatskappy van De Beers, het vroeër die maand ‘n 1 098 karaat diamant, moontlik die derde grootste in die wêreld, uitgegrawe.

Lynette Armstrong, besturende direkteur van Debswana, sê die voorlopoge ontleding dui daarop dat die steen moontlik die wêreld se derde grootste diamant kan wees.

Die waardasie van die diamant sal in die volgende paar weke gedoen word.