Suid-Afrika sal na vlak drie van inperking skuif.
Só het president Cyril Ramaphosa Dinsdagaand in sy toespraak aan Suid-Afrika gesê.
Die kabinet het Dinsdag met die nasionale Covid-19-bevelsraad vergader om nuwe beperkings te bespreek wat ingestel word om die skielike styging in Covid-19-gevalle te bekamp.
Ramaphosa het gesê oor die afgelope week is ‘n daaglikse gemiddeld van 7 500 persone in Suid-Afrika positief vir die virus getoets.
Meeste provinsies het reeds die derde vlaag van die virus bereik en die ander is baie naby.
Privaat hospitale regoor die land se maksimum kapasiteit is byna bereik.
Hier is die veranderinge aan die inperkingsmaatreëls:
Die aandklokreël sal van 10:00 tot 04:00 ingestel word.
Drank sal nou slegs op Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 18:00 verkoop word, uitsluitend openbare vakansiedae. Alkoholverbruik word nie op openbare strande of parke toegelaat nie.
Byeenkomste van meer as 50 mense (binnenshuis) en 100 persone (buite) sal nie toegelaat word nie.
Restaurante en gimnasiums sal om 09:00 sluit.
Slegs 50 persone mag begrafnisse bywoon. Byeenkomste na die begrafnisse sal ook nie toegelaat word nie.



