Jy is in ‘n inrigting weens ‘n geestesongesteldheid of ‘n algehele ineenstorting. Jy voel of jou hele wêreld omgekeer is, maar dit is nie. Dit is ‘n stap in die rigting van gesond word.
Die eerste stap is om aan jouself te erken daar is ’n probleem. Die tweede stap is om die probleem te identifiseer en om te bepaal of die probleem dalk sy oorsprong uit jou verlede het.
Die derde stap is om ’n permanente oplossing te kry vir jou probleem.
’n Sielkundige inrigting het opgeleide mense wat jou stap vir stap help met hierdie proses.
LEES OOK: Grootouers in hegtenis na hulle seun sonder ouers se toestemming besny
Na-sorg
Wanneer jy ontslaan word, is dit uiters belangrik om die onderstaande deel te maak van jou daaglikse roetine om sukses te verseker. Onthou, elke dag sal nie ’n goeie dag wees nie. Jy is net ’n mens.
- Sorg dat jou ondersteuningskring opgestel is – ‘n sielkundige, berader, vriende wat die situasie ken, verstaan en jou aanvaar.
- Genoeg slaap is baie belangrik en loop hand aan hand saam met ’n goeie gesonde dieet en oefening, selfs al is dit net ’n rustige stappie om die blok.
- Sny mense wat jou vergiftig uit jou lewe uit en as jou werksplek toksies is, soek dadelik ander werk.
- Ondersteuning, ondersteuning, ondersteuning, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Sonder dit gaan jy platval en nie weer die krag hê om op te staan nie.
- Lewe. Gaan besoek daardie nuwe restaurant, gaan speel gholf vir die eerste keer of gaan “bungee jump“. Maak jou bestaan opwindend.
- Glo in jouself.
Hoe donkerder die probleem, hoe helderder skyn die lig aan die einde van die tonnel.
LEES OOK: Moord-raaisels in Boksburg



