Grootouers in hegtenis na hulle seun sonder ouers se toestemming besny

Die ouers en die dokter is later sonder enige aanklagte vrygelaat.

Grootouers in hegtenis na hulle seun sonder ouers se toestemming besny

Grootouers in hegtenis na hulle seun sonder ouers se toestemming besny Foto: UCSF Health

Baie ouers kies besnyding vir higiëniese en geloofsdoeleindes, maar dit is ’n persoonlike keuse wat net die ouers van die baba kan maak. Een vrou wat bitter ontsteld toe sy uitvind haar ouers het haar babaseun sonder haar toestemming laat besny.

LEES OOK: Moord-raaisels in Boksburg

Ma histeries

Die vrou, wat anoniem wil bly, het aan Diply gesê sy was histeries toe sy haar babaseun se doek ruil en die bloed sien. Sy moes haar man roep en die vertrek verlaat.

Die ma het probeer om beide maatskaplike dienste en die polisie daarby te betrek, maar ondersoekers het dit nie as ’n kriminele saak beskou nie.

Honde het meer regte

“Dit is onwettig om honde se sterte te laat afsit, maar daar is niks verkeerd daarmee dat my seun sonder my en sy pa se toestemming besny is nie. Ek het aande lank my oë uitgehuil om te dink ’n hond het meer regte as my seun.”

Grootouers en dokter in hegtenis

Die ma het uiteindelik hulp van ’n anti-besnydingsgroep vir mans gekry en ’n prokureur vir menseregte het owerhede names haar genader. Haar ouers sowel as die dokter wat die besnyding gedoen het, is eers vier jaar na die besnyding in hegtenis geneem.

Die ouers en die dokter is later sonder enige vervolging vrygelaat.

LEES OOK: Entstof dalk besmet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *