Ek is deur my kêrel se beste vriend verkrag – leser vertel

Ons het besluit om eerder vir Josh huis toe te vat en dan maar huis toe te gaan.

Ek is deur my kêrel se beste vriend verkrag – leser vertel

Ek is deur my kêrel se beste vriend verkrag – leser vertel

*** Skuilname is vir hierdie storie gebruik om die betrokke persone te beskerm.***

Ek was 16 jaar oud toe ek verkrag is en my maagdelikheid van my gesteel is. Tot vandag toe sukkel ek om mans te vertrou en hou nie daarvan om alleen saam met ’n man, of mans te wees nie. Ek verkies tot nou toe nog eerder ’n groot groep mense.

LEES OOK: Vrou wat tien jaar in tronk vir aborsie deurgebring, vrygelaat

Drie beste vriende

Ek en my kêrel, Josh, ’n baie oulike Engelsmannetjie, het in daardie stadium al vir ’n jaar uitgegaan. Hy was baie eerbaar en ons het besluit om eerder te wag om seks te hê. Ons was altwee nog maagde.

Josh het ’n groot, Afrikaanse boerseun as vriend gehad met die naam Kevin. Hulle was albei 18 jaar oud en in dieselfde klas. Ons drie het gereeld saam gekuier en saam na partytjies toe gegaan.

Wou meer as net vriende wees

Kevin het al ’n paar keer in die laaste jaar voor die verkragting by my aangelê. Ek het dit elke keer van die hand gewys en niks daarvan gedink nie, omdat hy dit as ’n grap afgemaak het.

Hy het dit wel nooit voor Josh gedoen nie. Hy het altyd iets gesê wanneer die twee van ons vir ’n minuut of wat alleen was.

Die partytjie

Ons drie is een Saterdagaand saam na ’n partytjie toe. Aan die begin was die partytjie baie lekker, almal het gedans en gekuier. Nie ek of Josh het gedrink nie. Ons was nie regtig lief daarvoor nie, maar Kevin was wel een wat redelik gedrink het.

Soos die tyd aangestap het, het Josh begin snaaks optree. Hy het oor goed geval en snaaks gepraat. Kevin het later erken dat hy vir Josh sien skelm drink het. Ek kon dit amper nie glo nie, omdat hy nie daarvan gehou het om te drink nie.

Ons het besluit om eerder vir Josh huis toe te vat en dan maar huis toe te gaan.

Alleen in die kar

Ons het vir Josh by die huis afgelaai en ek het aan sy ma verduidelik dat iets fout is. Ek het vir haar gesê dit wil voorkom asof hy dronk is, maar ek het hom nie een keer sien drink nie. Sy het belowe om na hom te kyk en ek het saam met Kevin in die kar geklim sodat hy my ook kon gaan aflaai.

Ek het na ’n paar minute agtergekom hy ry nie in die rigting van my huis nie en het hom gevra waarheen ons gaan. Hy het gesê hy wil net gou iets gaan optel, maar het in ’n afgeleë veld ingetrek.

Dit is toe wat hy my in sy kar verkrag het. Ek het gegil en geskree, maar niemand het my gehoor nie. Toe hy klaar was, het hy my by my huis gaan aflaai. Hy het nie ’n woord gesê oor wat gebeur het nie.

Niemand vertel nie

Ek het vir niemand daarvan vertel nie. Josh het die volgende dag vir my belowe hy het nie by die partytjie gedrink nie en kon niks van die aand onthou nie.

Swanger

Ek het twee maande later uitgevind ek is swanger. My ouers is streng teen aborsie en ons het besluit dat ek die baba sou hou. Hulle weet nie ek was verkrag nie. Josh het my gelos en tot vandag toe nog glo hy ek het hom verneuk op die aand wat hy my die nodigste gehad het. Ek het nooit weer daarna vir Kevin gesien nie en hy weet tot vandag toe nie dat hy ’n pragtige 5-jarige dogtertjie het nie, maar ek verkies dit so. Ek sal alles in my vermoë doen om haar van hom te beskerm.

LEES OOK: Ses tipes toksiese mense in jou lewe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *