Paartjie rand glo seun aan wat voor hek broek losmaak

Die gemeenskap het die polisie ontbied en die paar is in hegtenis geneem.

Paartjie rand glo seun aan wat voor hek broek losmaak

Paartjie rand glo seun aan wat voor hek broek losmaak

OOS-KAAP – ’n Paartjie is Sondag in die Nkululekweni-gemeenskap by Komani in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n seun aangerand het wat voor hulle hek broek losgemaak het. Hulle het hom ook glo gedwing om van sy eie ontlasting te eet.

LEES OOK: Hartseer, woede – Yolandi Botes se dogter laat haar stem hoor

Speel buite

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die seun (12) het Saterdag saam met ’n maat buite in die straat gespeel, toe hy voor die verdagtes se hek sy behoefte gedoen het.

“Die man en sy vrou, wat tussen die ouderdom van 30 en 39 jaar oud is, het by hulle huis uitgekom en glo die seun begin aanrand. Hulle het hom ook gedwing om van sy ontlasting te eet.”

Gemeenskap bel polisie

Die gemeenskap het die polisie ontbied en die paar is in hegtenis geneem.

Hulle sal vandag in die Queenstown-landdroshof op aanklagte van aanranding en kindermishandeling verskyn.

LEES OOK: Wayne Couzens erken verkragting en ontvoering van Sarah Everard

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *