Skoolhoof aangekla – video van lyfstraf versprei

Deel hierdie storie / Share this story

“Lyfstraf is verbode in SA. Punt.”

As dié woorde vandag in ‘n bekommerde skoolhoof  se ore fluit-fluit, moet hy weet, hy is waarskynlik diep in troebel waters, weens lyfstraf.

Die skoolhoof (aan media bekend) van Hantam Hoërskool, op Calvinia, in die Noord-Kaap word daarvan beskuldig dat hy van sy personeel boelie. Ja, selfs verneder as hy glo so voel, maak deel uit van die klagtes.

Maar behalwe dit is hy ook onlangs oor beweerde lystraf aan leerders uitgevang. Op ‘n video kan gesien word hoe ‘n paar van sy gr.12-leerders lyfstraf kry. Dié video is in FiND iT se besit.

Hy slaan hulle, blykbaar met ‘n rooi-bruin polycop pyp, elk drie houe.
Na die drie houe beveel hy een leerder om te gaan sit. Hierdie leerders het blykbaar klasse ontwrig asook klasse “gebunk” volgens ‘n bron. Die leerders wou nie ‘n saak maak nie, omdat hulle glo bang is vir die skoolhoof.

Intussen het ‘n opvoeder by die skool, Leonardo de Wet, ook sewe griewe teen die skoolhoof by die departement van onderwys op Springbok ingedien. Dit sluit in:

1. Boelie,
2. Gebruik van skoolgeld sonder toestemmimg/goedkeuring van skoolbeheerraad (SBL),
3. Diktatorskap,
4. Vriendskaplike verhouding met opsigter,
5. Onprofessionele optrede,
6. Bedrog: Uitgee van valse uitslag/rapport aan leerder,
7. Aanranding, spesifiek gr.12-leerders.

Volgens De Wet het twee opvoeders en vier ouers reeds uit die SBL bedank weens die hoof se optrede. Hierna het die (DvO) slegs nuwe lede in hul plekke laat kies sonder om die bedankings te ondersoek.

De Wet het verder gesê:

“Die departement sou op Woensdag 26 Mei 2021 na die griewe van my en my kollega kom luister en dit ondersoek het. Op Vrydag 21 Mei 2021 word dit egter onbepaald uitgestel.”

Hierdie kollega, Patrick Koopman, vertel dat hy wel ‘n griewe-vorm ingevul het vir viktimisering en die boelie-gedrag van die skoolhoof. Hy het vertel:

“Ek voel glad nie lekker nie oor die uitstel van die ondersoeke. Dit lyk vir my asof die departement nie ons griewe as belangrik ag nie. Ek gee ook nie meer om nie of my naam iewers genoem word nie.”

Dit het intussen aan die lig gekom gekom dat die twee opvoeders en die skoolhoof al vir ‘n geruime tyd nie ooghare vir mekaar het nie. En dat die vonke nog baie kan spat.

Die kringbestuurder van Hantam Hoërskool, Charmaine Cupido-Erasmus, het gesê dat die saak na die arbeidsafdeling van die departement van onderwys verwys is vir verdere afhandeling.

Lehuma Ntuane, ‘n provinsiale woordvoerder, het gesê dat die departement besig is met ‘n ondersoek na die bewerings.

“Ons kantoor is ook besig om ‘n skrywe op te stel wat die hoof oorlopig onder voorsorgende skorsing sal plaas totdat die ondersoeke afgehandel is.”

In 2019 het die departement ‘n omsendbrief aan skole gestuur nadat voorvalle van beweerde lyfstraf in die Noord-Kaap onder hulle aandag gebring was.

“In die skrywe was skole weer vermaan dat lyfstraf ‘n onwettige praktyk is. Teen oortreders sal streng, luidens die wet, opgetree word,” volgens Geoffry van der Merwe, media- en skakelbeampte van die departement.

LEES MEER ARTIKEL OP FIND-IT HIER.