Pa verkrag sy sewejarige dogter

“Na die insident het hy haar gedreig en gesê hy sal ook ophou om vir haar geld te gee vir middagete.”

Pa verkrag sy sewejarige dogter

Pa verkrag sy sewejarige dogter

OLIFANTSHOEK. – ’n Pa (41) is tot lewenslank tronkstraf gevonnis nadat hy sy sewejarige dogter verkrag het.

LEES OOK: Elizabeth Smart ontvoer, aangehou en verkrag vir nege maande

Trek slapende dogter uit

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die pa het op 31 Desember 2016 omstreeks 03:00 sy slapende dogter uitgetrek, haar nagklere in haar mond gedruk sodat sy nie kon skree nie en haar toe verkrag.

“Na die insident het hy haar gedreig en gesê hy sal ook ophou om vir haar geld te gee vir middagete.”

Ongelukkig het die dogter eers op 9 November 217 vir haar ma van die verkragting vertel.

Gevonnis

Die verdagte is op dieselfde dag in hegtenis geneem, maar is in 2019 op borgtog vrygelaat.

Hy is op 7 Junie 2021 in die Olifantshoek-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: Krakerige mozzarella-stokkies in net vyf minute

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *