Soek jy ’n vinnige en lekker peuselhappie waarvan almal sal hou? Probeer hierdie krakerige mozzarella-stokkies. Dit is so vinnig en maklik!
LEES OOK: Elizabeth Smart ontvoer, aangehou en verkrag vir nege maande
Bestanddele:
- Skilferdeeg
- Mozzarellakaas van jou keuse, in dik repies gesny
- Olie vir diepbraai
Metode:
- Sny eers jou kaas in dik repies.
- Sny dan jou skilferdeeg groot genoeg sodat jy die repies kaas daarin kan toevou.
- Vou die repies kaas in die deeg toe en seël dit met ’n bietjie water sodat dit nie oopgaan terwyl jy dit braai nie.
- Maak olie oor medium hitte warm.
- Diepbraai die deeg totdat dit goudbruin is.
- Geniet.
LEES OOK: Ek het my tiener vang rook – wat nou?



