Botsing van voor op N1 eis vyf lewens

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Vyf mense is dood nadat ‘n VW- en BMW-sedan op die N1 buite Louistrichardt in Vhembe in ‘n botsing van voor betrokke was.

ArriveAlive berig daar word beweer die bestuurder van ‘n VW-sedan wou ‘n motor verbysteek toe hy teen ‘n aankomende voertuig gebots het.

Albei bestuurders is op slag dood, asook drie passasiers. ‘n Ander passasier wat met ernstige beserings oorleef het, is na ‘n hospitaal op Louis Trichardt geneem.

Roekelose bestuur is as ‘n moontlike oorsaak van die ongeluk genoem. Dit is ‘n tweede noodlottige botsing van voor wat die afgelope 48 uur op die N1 Noord aangemeld is.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, is bekommerd oor die roekelose gedrag wat tot lewensverlies lei. Die LUR maan motoriste om spoed te verminder en onnodige verbysteek te vermy.

LEES OOK: Video – polisielede weier glo hulp aan vrou

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.