KIMBERLEY. – Die seun wie se liggaam Dinsdagmiddag in die veld langs Landbouweg in Kimberley gevind is, is geïdentifiseer.
Jason Oosthuizen (17) het kort voor sy selfdood vir sy ma ‘n WhatsApp-boodskap gestuur en gesê hy is saam met ‘n vriendin by die mall.

Sy ma het volgens ‘n ingeligte bron na aan die familie toe al iets vermoed en het hom by die mall gaan soek.

Sy liggaam is later die middag deur ‘n verbyganger in die veld gekry.
Jason was verlede jaar ‘n leerling aan Hoërskool Adamantia in Kimberley.

Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.



