Jaar se gratis burgers na 36 jaar onskuldig in die tronk

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – Verbeel jou jy word onskuldig tot 36 jaar tronkstraf gevonnis…

Michael Hanline is in 1978 tot lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool gevonnis. Dit sou in 2015 eers aan die lig kom dat hy onskuldig gevonnis is en 36 jaar onskuldig in die tronk moes deurbring.

Toe die bewyse in die saak weer na jare ondersoek is, is daar vasgestel die DNA wat op die toneel gevind is, nié dié van Hanline is nie. Dit het ook aan die lig gekom aanklaers het bewyse in die saak teruggehou.

Toe Hanline na al die jare in November 2014 uiteindelik vrygelaat is en hy sy eerste treë as ‘n vry man gee, het hy na die lug opgekyk asof dit sy eerste keer was.

Die eerste ete wat hy as ‘n vry man geëet het, was ‘n burger en skyfies.

Hanline het duidelik sy burger geniet en die restaurant waar hy dié burger geëet het, het vir hom ‘n jaar se gratis burgers aangebied.

Wat sal jy wil eet na 36 jaar in die tronk?