BLOEMFONTEIN. – Bloemfontein-verpleegsters by die Phelindaba-kliniek word ondersoek nadat ‘n man na bewering in sy motor voor die kliniek gesterf het.
Die slagoffer was op die dag na die kliniek geneem omdat hy kortasem en moeg was. Sy skoonsuster, Kelebogile Ntlangane, het aan OFM-nuus gesê met hul aankoms by die kliniek is hulle glo deur sekuriteitspersoneel verbied om binne te gaan. Die sekuriteitspersoneel was na bewering deur die verpleegsters aan diens opdrag gegee om hulle nie toe te laat nie.
Bloemfontein-verpleegsters word tans ondersoek
OFM-nuus berig verder Ntlangane sê toe die verpleegsters na buite gaan om die pasiënt te ondersoek, het hulle gesê dat dit ‘n saak vir die lykshuis is en dat hul skof verby is.
Die Departement van Gesondheid het intussen bevestig hulle is bewus van die voorval wat op 28 Mei plaasgevind het. Die saak word tans ondersoek.
LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak
LEES OOK: Bejaarde (68) vermis, laas by ouetehuis gesien
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



