Vermeende aanrander verbrand in huis

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHAN (PORT ELIZABETH). – ‘n Vermeende aanrander wat by ‘n ma en dogter se huis teëlwerk gedoen het , is verbrand in die werkgewers se huis gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê volgens die bure het die vrou en dogter na ‘n buurhuis gehardloop en beweer dat hulle deur die werker, wat teëls in hulle huis gelê het, aangeval is. Volgens Naidu was die ma en dogter beseer.

Die werker het glo agter hulle twee in die straat aangehardgeloop waarna hy omgedraai en terug na hulle huis toe gegaan het.

Vermeende aanrander onherkenbaar verbrand

Met die polisie se aankoms by die slagoffers se huis het hulle rook by die huis sien uitkom. Die polisie het toegang tot die kamer probeer kry deur die deur oop te breek. Die brandweer is ook na die toneel ontbied.

‘n Man wat onherkenbaar verbrand het, is binne-in die kamer gevind.

“Sy naam word nog nie bekendgemaak nie, want sy naasbestaandes moet nog in kennis gestel word. Die polisie het ‘n saak oopgemaak. Bykomende aanklagte van brandstigting en poging tot moord kan bygevoeg word namate die ondersoek vorder.”

LEES OOK: Babadogtertjie langs drom in straat gevind

LEES OOK: KYK: Man in uniform slaan motorbestuurder deur die gesig

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.