NSFAS sê student se dood is nie hulle skuld nie

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Student van hier het gesterf nadat sy glo ‘n aantal aande op straat moes slaap. Dit nadat sy uit haar blyplek uitgeskop is toe die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS)o nie haar akkomodasiegeld uitbetaal het nie. Talle gee NSFAS die skuld vir die student se dood.

Volgens IOL was die 26-jarige Yonwaba Manyanya ‘n student aan die eThekwini TVET-kollege in Kwazulu-Natal. Sy het glo vir ‘n aantal dae op straat gewoon. Sosialemediagebruikers beweer dit is omdat NSFAS nie haar akkomodasie- of kostoelae uitbetaal het nie.

Student se dood is nie ons skuld – NSFAS

Sosialemediagebruikers het hulle hieroor na Twitter gewend en is baie ongelukkig oor die voorval. Talle sê NSFAS moet antwoord vir die dood van die student.

NSFAS sê egter dat hulle nie verantwoordelik is nie. “Daar is bewerings in die openbare domein dat NSFAS die betaling van toelae vertraag het. Dit het glo nie die koste van verblyf betyds gedek nie. Ook dat mej. Manyanya gevolglik aan moegheid en honger gely het terwyl sy op straat gewoon het as gevolg van hierdie vertraging. Hierdie bewerings is feitelik verkeerd, gebaseer op inligting wat ons en wat die kollege het.

Tragiese voorval word ongevoelig hanteer

In ‘n verklaring het NSFAS gesê Manyanya was in 2020 ‘n NSFAS-befondse student. Haar befondsing vir 2021 was nog nie bevestig nie.

“Die inligting op die NSFAS-rekord is dat mej. Manyanya nie aan die vorderingskriteria voldoen het ten tye van haar afsterwe nie. Sy is deel van ‘n groep studente wie se voortdurende status by die kollege bevraagteken is, ‘het NSFAS gesê.

“Die feite bewys hierdie tragiese voorval hou nie enige verband met NSFAS nie. Dit is jammer dat hierdie tragiese voorval op ‘n ongevoelige, onakkurat een onregverdige manier hanteer word. Asook gebruik word om NSFAS te belaster.”

Lees ook: Liggaam van man lê nege jaar in woonstel