OOS-KAAP. – Die Oos-Kaapse hooggeregshof het ‘n 49-jarige vrou tot 17 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n 19 maande oue baba.
Ncedeni Qwabe was in ‘n liefdesverhouding met die baba se oom, Qhamokuhle Ndziba, en die twee het na die baba gekyk terwyl haar ma in Kaapstad gewerk het, sê Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika.
“Op 27 Julie 2020, by hulle huis in Keiskammahoek, het Qwabe die baba met ‘n perskeboom se tak begin slaan omdat sy die vloer natgemaak het toe sy haar gebad het.”
Qwabe het glo aanvanklik gesê sy het die kind net liggies met ‘n lap geslaan. Sy het egter onder kruisverhoor geknak en gesê sy het die kind met ‘n perskeboom se tak geslaan.
Qhamokuhle is daardie aand dood aan interne bloeding en bloedverlies.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



