Spesiale items soos getekende Springbok-truie by Memorabilia-veiling

Deel hierdie storie / Share this story

Die eerste Memorabilia-veiling vir 2021 vind vandag tot Saterdagaand om 21:00 plaas.

Honderde items van beroemde rugbyspelers, boksers en atlete word opgeveil.

Al die items is oorspronklik geteken en/of ontvang van die individu ter sprake.

Waardevolle items sluit die broek van Corrie Sanders, voormalige swaargewig bokskampioen, in, Juan de Villiers se Springbok-trui uit die wedstryd teen die All Blacks in 2004 en twee Magnum-wyne geteken deur die Bokke se flank en kaptein Siya Kolisi.

Items se pryse wissel van R200 tot R20 000.

Registrasies is deurentyd welkom.

Die veiling begin vandag om 12:00 en loop môreaand om 21:00 tot ‘n einde.

Vir enige navrae, skakel Rudi Ferreira by 071 686 7200.

Klik hier om te registreer.