KIMBERLEY. – ‘n Inwoner van Kimberley sê hy wil ander waarsku teen ‘n ontvlambare materiaal wat op die Bloemfontein-pad 8 km buite Kimberley lê.
“Ek het vanoggend om ongeveer 02:00 daar verbygery en iets het my motor se bande laat brand,” vertel hy.
Hy het gelukkig nie seergekry nie. Hy het vandag weer daar verbygery en foto’s geneem.
Na bewering is dit ‘n nuwe taktiek om motoriste te beroof wanneer hulle stilstaan om te kyk wat brand.





