Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning – deel 5

Mofokeng het na bewering met sy verdwyning ’n blou gholfhemp en blou jeans aangehad.

Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning – deel 5

Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning – deel 5

Het jy al gehoor van, of weet jy van iemand wat spoorloos verdwyn het? Daar is baie gevalle regoor die wêreld van mense wat net spoorloos verdwyn en nooit weer opgespoor word nie.

LEES OOK: Enkel mamma kort dringend nierskenker

Spoorlose verdwyning van Thabiso Daniel Mofokeng

Op 30 Maart 2018 het die 40-jarige Pretoriase elektrisiën,Thabiso Daniel Mofokeng, ná ’n aand saam met vriende in Atteridgeville, wes van die stad, huis toe gery toe hy spoorloos verdwyn het.

Die pa van twee het met ’n blou Opel Astra gery en het sy vriende omstreeks 02:00 verlaat. Hulle was die laaste mense wat hom lewendig gesien het.

Mofokeng het na bewering met sy verdwyning ’n blou gholfhemp en blou jeans aangehad.

Geen ander inligting oor Mofokeng se verdwyning is beskikbaar nie. Niemand is ook as verdagte beskou nie. Daar is tot vandag toe nooit weer van Mofokeng gehoor nie en die ondersoek het doodgeloop.

Dit is ’n verhaal wat alte gereeld in Suid-Afrika voorkom. Minstens 367 mense, kinders ingesluit, is op die Suid-Afrikaanse Polisiediens se webwerf as vermis gelys.

LEES OOK: Nuwe Mnr. Wêreld Suid-Afrika aangewys

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *