Die koekies vir mense wat nie dink hulle kan nie koekies bak nie. Jy benodig net ses bestanddele.
LEES OOK: Enkel mamma kort dringend nierskenker
Bestanddele:
1 koppie botter
1 koppie okkerneute
½ teelepel sout
1½ koppies strooisuiker, verdeel
2 koppies meel
1 teelepel vanieljegeursel
Metode:
- Smelt die botter in ’n klein pannetjie op medium hitte. Roer gereeld totdat botter skuim en begin bruin word. Moenie wegstap nie; die botter kan vinnig vinnig van goudbruin tot verbrand word. Sodra botter goudklerig is, gooi dit dadelik in ’n groot hittebestande bak en verkoel totdat dit begin stol, ongeveer 30 minute. Dis bruin botter.
- Kap intussen een koppie okkerneute baie fyn.
- Voeg ½ teelepel sout en ½ koppie strooisuiker by die bak met botter.
- Gebruik ’n elektriese menger teen ’n hoë spoed en klop vir ongeveer drie minute.
- Voeg twee koppies meel by en klits teen lae spoed tot die deeg dik en glad is.
- Vou gekapte neute en 1 teelepel vanielje in beslag.
- Bedek bak met plastiek en verkoel deeg tot ferm, ongeveer een uur.
- Verhit die oond tot by 160°C.
- Rol die deeg in klein bolletjies.
- Plaas op ’n gesmeerde bakplaat.
- Bak vir 20 – 22 minute.
- Laat dit bietjie afkoel en sif oorblywende strooisuiker oor.
LEES OOK: Nuwe Mnr. Wêreld Suid-Afrika aangewys



