PRETORIA. – Francois van Coke, die Afrikaanse rocker van Belville en die hoofsanger van die sanggroep Fokofpolisiekar, en die oud-Bok Derick Hougaard het mekaar vroeër vanjaar op Twitter vir ‘n boksgeveg uitgedaag.
Van Coke het in ‘n onderhoud met Netwerk24 gesê hy het nog nooit so hard geoefen soos in dié tyd wat hy vir die boksgeveg voorberei nie.
Van Coke het lesse gekry by Tian Fick, swaargewigbokskampioen om hom te help om Hougaard te pak.
“Die oefeninge gaan goed, maar ek is nie sonder pyne nie,” het Van Coke aan Netwerk24 gesê. “Ek is al 40.”
Van Coke sal reeds op 28 Mei geweeg word vir die geveg.
BBP-kaartjies om na die geveg te kyk, beloop R2 000 per persoon. Dit sluit ‘n verwelkoming op die rooi tapyt, vonkelwyn, ‘n driegangmaaltyd en program wat deur Van Coke en Hougaard geteken is, in. Kaartjies om buite te sit en na die geveg op die grootskerm te kyk, beloop R250 per persoon. Die geveg sal ook aanlyn beskikbaar wees teen R150. Koop jou kaartjie by www.itickets.co.za.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



