Verbrande liggaam van onbekende man gevind

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die verbrande liggaam van ’n onbekende man is op 19 Mei 2021 naby die rivier by die Masimong Village gevind.

LEES OOK: Onopgelos: Vrou in boom opgehang

Verbrande liggaam gevind

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê omstreeks 10:30 was ’n lid van die gemeenskap besig om bome vir hout naby die Namahadi-rivier te kap toe hy die verbrande liggaam ontdek.

“Die polisie is ontbied en het die liggaam met die linkerpols afgesny, gevind. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene elders doodgemaak is en naby die rivier gestort is.”

Versoek gemeenskap se hulp

Die polisie versoek die gemeenskap se hulp om die liggaam te identifiseer.

’n Saak van moord is vir verdere ondersoek geregistreer.

Enige persoon met inligting wat kan lei tot die identiteit van die oorledene, naasbestaandes of familielede kan a.o. Moloi van Namahadi-speurdiens, by 082 419 6794 kontak.

LEES OOK: Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning – deel 3