KIMBERLEY. – Dit is nege jaar sedert die liggaam van Keneilwe Kgopodithata (28) op 18 Februarie 2012 opgehang in ’n boom in Belgravia gevind is.
LEES OOK: Sjokolademartini-resep
Kom na hospitaal saam met baba
Keneilwe, oorspronklik van Perth op Kuruman, is laas op 1 Februarie 2012 deur susters by die Kimberley-hospitaal gesien, waar haar pasgebore babadogtertjie mediese behandeling ontvang het.
Die susters het in 2012 aan DFA gesê die vrou was ontsteld en verward net voordat sy omstreeks 19:30 vermis geraak het.
Die babadogtertjie is op 4 Februarie in die sorg van familie ontslaan, maar steeds was daar geen teken van Keneilwe nie.
Liggaam in boom gevind
Keneilwe se liggaam is op 18 Februarie 2012 in ’n boom naby Rendalshamstraat, Belgravia,’n paar kilometer van die hospitaal af, gevind. ’n Buurman het die ontbinde liggaam etlike meters in die boom op raakgesien en die polisie ontbied.
Die enigste item wat op die toneel gevind is, was ’n kruisvormige oorbel wat sy in haar linkeroor gedra het.
Keneilwe se liggaam was glo kaal en was so ontbind dat die oorsaak van haar dood nie deur ’n nadoodse ondersoek bepaal kon word nie.
Dus was die polisie in daardie stadium nie seker of dit selfdood of moord was nie.
Vandag, nege jaar later is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Verskeie vrae bly onbeantwoord en die saak het doodgeloop.
LEES OOK: Ma gee seun (16) veiligeseks-pakkie vir verjaarsdag



